Veerpyltjies en potjiekos – ‘n wenkombinasie

Johan van Vuuren gooi sy veelpyl tydens 'n rondte standaard 501's.

‘n Groep gesoute veerpyltjiespelers het onlangs hulle vaardighede gewys toe hulle tydens ‘n West Rand Darts Association-kompetisie by Die Skuur Restaurant in Luipaadsvlei teen mekaar gespeel het – elkeen met sy of haar eie tegniek, voetplasing en uiters goeie konsentrasie.

Die 42 spelers het rondte na rondte standaard 501-veerpyltjies gespeel tot daar net twee spelers oor was. Maar net een kon met die trofee wegstap.

Jako de Villiers buig sy hand strategies om die veerpyl op die perfekte plek te gooi.

Nico van Eden het voorlopig gewen en Juba Joubert het ‘n tweede plek verower. Jacques Coetzee het die highest close met 124 gewen.

Twanique Bezuidenhout was die enigste vrouespeler wat tot en met die kwarteindstryd gespeel het.

“Ons wil die gemeenskap leer dat veerpyltjies nie net ‘n kroegspel is nie,” het Michelle Jonker, organiseerder van die kompetisie gesê. “Soos jy kon sien is die spel ook nie net vir ouerige mense nie, maar jongmense geniet dit net so.”

Aan die einde van die kompetisie het die heerlike aromas van die potjiekoskompetisie buite die saal die monde laat water.

Die sewe propvol pruttende potjies het soos die vleispotte van Egipte daar gestaan. Die knap kokke het met hul speseryemmertjies en blink gereedskap agter die potte gestaan en gesels. Dit was nie net die vroue wat gekook het nie. Die manne het trots hulle resepgeheime gedeel. Van James Bond se 007-speserye tot Spiderman-speserye, die manne het al wat ‘n geheim is gebruik om hul potjie die beste te maak.

Johan van Vuuren gooi sy veelpyl tydens ‘n rondte standaard 501’s.

Hennelien van der Walt se wenresep vir haar spesiale en smullekker potjie was die algehele beste gereg en haar bykosse was ook tops. Sy het ‘n geskenkpak ter waarde van R2 000 gewen.

Die West Rand Darts Association nooi almal uit om deel te word van die sport. Besoek hulle Facebook-blad vir meer inligting.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other