Plaaslike saamtrek waar gelowiges vir land bid

Angus Buchan nooi Suid-Afrika om saam met hom te bid vir die land en die regering. Foto: angusbuchan.co.za.

Dit is nie vir almal moontlik om Angus Buchan se biddaggeleentheid hierdie Saterdag (22 April) by te woon nie, daarom maak dit sin dat verskillende areas reg oor die land ook sulke kleiner byeenkomste sal reël waar gelowiges, ten spyte van hul teologiese of politieke oortuigings in eenheid byeen kan kom om die aangesig van God te soek.

‘n Paar gelowiges het dit goed gedink om so ‘n geleentheid aan die Wes-Rand te reël, naamlik die Biddag vir Vrede wat Saterdag vanaf 10vm by Dorothyweg 15 in Heuningklip gaan plaasvind. André van Zyl is die spesiale geestelike motiveringspreker vir die geleentheid. Vir meer besonderhede skakel 072 463 6036.

Daar word ook ‘n spesiale, luukse bus gereël wat om 3vm daardie dag na Bloemfontein vertrek. Dié wat wil saamgaan kom by die Prisma Kerk in Sparrowstraat, Rant-en-Dal bymekaar. Koste van die busrit is R380 per persoon en vir ‘n ekstra R100 kan jy ontbyt ook geniet. Skakel vir Mari Ackerman by 082 4151 355 of 011 665 1790 om jou plek te bespreek.

Die NG Krugersdorp-Oos Gemeente gaan ook ‘n biddag by die kerkgebou in Lismorestraat, Kenmare hou. Ds Anton Ferreira gaan die verrigtinge behartig wat om 12uur die middag afskop.

Vir meer besonderhede skakel gerus die kerkkantoor by 011 955 4667.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other