VF Plus loods aksie na wrede verkragtings

Vryheidsfront Plus-raadslid Amanda de Lange.

Die VF Plus in Mogale City is geskok oor die reeks verkragtings van onskuldige vroue die afgelope tyd. Een van die vroue en haar vriend is na so ‘n aanval met klippe gegooi en aan die brand gesteek. Albei het aan hulle wonde beswyk, het raadslid Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Mogale City gesê.

Lees hier: Two victims – one raped, both severely assaulted and set alight

“Die VF Plus is deel van die veelpartyregering in die stad. Volgens betroubare bronne is die een vrou se vriend Saterdagoggend vroeg deur ‘n taxi raakgery. Hul vriende wat by hulle was het agter die taxi aangehardloop om te vra dat die bestuurder die beseerde na ‘n hospitaal neem. ‘n Groep mans het die paartjie in ‘n motor gelaai en voorgegee om hulle na die nabygeleë hospitaal te neem. In plaas daarvan het hulle in ‘n oop stuk veld stilgehou waar die vrou voor die man verkrag is.

“Hulle is later met klippe gegooi en aan die brand gesteek. Die vrou het kort na die voorval aan haar wonde beswyk en die man is die volgende oggend oorlede.”

Twee ander verkragtings is ook die afgelope tyd by die polisie aangemeld. Een van die vroue word vir haar beserings in ‘n hospitaal behandel.

Volgens De Lange is die VF Plus dankbaar oor die taxivereniging en die polisie se vinnige optrede wat daartoe gelei het dat die verdagtes vinnig aangekeer is.

Lees hier: Woman raped and set alight with friend laid to rest

De Lange het vertel dat sy reeds met die uitvoerende burgemeester, Michael Holenstein, oor die taxi voorval gepraat het.

“Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n aksie loods wat by Mogale City se raadsvergadering voorgelê gaan word en dan landswyd uitgebrei gaan word. Taxiverenigings moet gedwing word om alle taxi’s met behoorlike identifikasie- en kontakbesonderhede van die assosiasies en eienaars te merk. Dit moet duidelik op die kante en agter op die taxi’s verskyn. Dit is ook tyd dat taxi-eienaars aanspreeklik gehou word vir taxibestuurders se gewelddadigheid en onverantwoordelike optrede op die land se paaie.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other