Jy kan ook emmers vol liefde gee

Muriel Claassen en Aret le Roux met van die items wat tydens die damesdag verkoop sal word.

Emmers Vol Liefde is ’n liefdadigheidsorganisaie wat daarna streef om die nood onder behoeftiges in Krugersdorp te verlig.

Die organisasie is alreeds by 30 gesinne betrokke. Hulle help ook op ‘n gereelde basis 104 bejaardes met kos, klere, beddegoed en soms ook meubels.

Lees ook: Sakke vol klere en emmers vol liefde

Die mooi kussings sal onder andere die dag te koop aangebied word.

Die organisasie voorsien tans twee kleuterskole van kos, speelgoed, boeke en skryfbehoeftes. Hulle is ook betrokke by ‘n sopkombuis en verleen hulp by twee plakkerskampe in Krugersdorp. Die organisasie wil nie net gee nie, maar die lede wil graag betrokke raak by die mense in die gemeenskap.

Emmers Vol Liefde kan egter nie so effektief funksioneer en so ‘n groot impak maak soos hulle graag wil sonder die publiek se hulp nie.

By die Jack Cotton-staatstehuis in Krugersdorp is ’n breiprojek begin waar inwoners fluks brei en hekel. Die tehuis se pragtige produkte gaan op Dinsdag, 16 Mei tydens ‘n damesdag wat saamval met ‘n gholfdag by die Krugersdorp Gholfklub verkoop word.

Lees ook: Bejaardes ontvang emmers vol liefde

Die Jack Cotton-staatstehuisinwoners is hard aan die werk om soortgelyke komberse te brei.

Gaste sal die pragtige sang van Vicky-Ann Serfontein kan geniet en inkopies doen terwyl groot pryse vir die gholfspelers op die spel sal wees.

Enige donasies in onder meer die vorm wat voedsel, klere, wol, meubels en komberse kan dié dag by die gholfklub afgelewer word.

“Enige donasies sal opreg waardeer word,” het Aret le Roux van die organisasie gesê.

Vir meer inligting kan Betsie Stokes by 082 684 9974 gekontak word.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other