‘n Onderneming met ‘n hart van goud

Meloni Lucas wat die franchisehouer is.

‘n Nuwe onderneming in Krugersdorp maak sy hart oop vir die gemeenskap.

Big Joe’s Pies het onlangs sy deure by die nuwe Valley View Retail-sentrum in Noordheuwel oopgemaak. Die gemeenskap is nie net beïndruk met hul pasteie nie, maar ook met hul goedhartigheid teenoor die gemeenskap.

Volgens Pieter van der Merwe van die onderneming se hoofkantoor, wil hulle een maal per maand oorskietpasteie aan minderbevoorregtes skenk en so behoeftige mense help.

“Ons het soveel om voor dankbaar te wees en nie almal is so bevoorreg om elke aand ‘n bord kos te hê nie,” het Pieter gesê.

Die onderneming vries elke dag die pasteie wat nie verkoop is nie en gee dan een maal per maand in groot aantal pasteie vir ‘n organisasie in nood. Pieter het ook vertel dat hulle bereid is om ekstra pasteie te bak indien daar nie genoeg sou wees om te skenk nie.

Die organisasie wil ook graag betrokke raak by ander projekte in die gemeenskap sowel as by skole. Hulle nooi organisasies waarby hulle betrokke kan raak en wat hulp nodig het om hulle te skakel by 012 346 3093.

“Ons is hier om te bly en om honger mense te voed,” het Pieter gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other