Blink toekoms vir atletiekkampioen

Liza Kellerman saam met Caster Semenya by die senior kampioenskappe verlede jaar.

‘n Verdedigende kampioen gereed om Suid-Afrika se naam hoog te hou – dit is Liza Kellerman.

Dié leerder van Hoërskool Monument is onlangs gekies vir die Gauteng Atletiekspan wat aan die Junior Suid-Afrikaanse Nasionale Klubkampioenskappe deelneem het. Die kompetisie is van 7 tot 9 April by die bekende Groenpunt Stadion in Kaapstad gehou.

Liza is gekies om aan die 800m-wedloop deel te neem. In 2016 het sy haar persoonlike beste tyd in die item behaal toe sy die afstand in slegs 2:05.75 minute afgelê het.

Liza is op haar gelukkigste wanneer sy op ‘n atletiekbaan is.

Sy het ‘n tweede plek by die senior kampioenskappe behaal in dieselfde wedloop waarin die alombekende Caster Semenya die gouemedalje verwerf het.

Liza het ook onlangs aan die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe deelgeneem waar sy ‘n derde plek behaal het. Tydens dieselfde kampioenskap het sy en haar spanlede die 4x400m-aflos gewen om met die wentrofee huis toe te gaan.

Liza is vir die atletiekbaan gebore en is in haar element wanneer sy haar passie kan uitleef.

Sy het nog groter drome vir haar atletiektoekoms, want sy glo met harde oefening en uithouvermoë is alles moontlik.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other