[OPVOLG] VIDEO: Ligdiewe deur kamera betrap en vasgetrek

Die twee mans wat vasgetrek is nadat hulle buiteligte op The Bethany House Trust se perseel gesteel het. Foto: Ingestuur.

The Bethany House Trust, ‘n bekende kinderhuis in Krugersdorp, was onlangs die teiken van diewe.

Die News het Woensdag, 12 April berig oor ‘n onbekende man wat by twee geleenthede op geslotekring-TV betrap is terwyl hy buiteligte op die kinderhuis se perseel gesteel het.

Lees atrikel hier: Dief teiken plaaslike kinderhuis

Nadat die hoof uitvoerende beampte van die tehuis, Gert Jonker, ‘n foto versprei het van die verdagte wat hy van die kring-TV-materiaal verkry het, het die gemeenskap toegetree om dié verdagte vas te trek.

Vroeg op die Woensdagoggend (12 April) is twee verdagtes deur die Sektor 3 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) aangekeer. Die lede het die twee opgemerk waar hulle in Krugersdorp-Noord rondgedwaal het.

Sien video van wat in hulle sakke gevind is hier: 

 

“Ek is gekontak en albei die mans wat vasgetrek is, het erken dat hulle die buiteligte gesteel het en ook dat hulle R100 vir die ligte gekry het,” het Gert gesê. Die mans het glo ook erken dat hulle die geld vir dwelms gebruik het.

Volgens Gert het GPF-patrolleerders weereens gewys hoe effektief hulle is. Hulle het die verdagte, wat kwalik herkenbaar was op die foto, binne ure vasgetrek.

Gert het vir die News videomateriaal gestuur waarin die mans erken het dat hulle by die diefstal betrokke was. Die video wys ook verskeie items –onder andere nóg ligte – wat in die diewe se sakke gevind is.

Dwelmverslaafdes gebruik soms gloeilampe wanneer hulle dwelms inasem, maar daar is nie sekerheid dat dié mans die gloeilampe daarvoor gesteel het nie.

“Ek dink wat ons hieruit kan aflei is dat ons dorp oorstroom is deur haweloses wat meestal dwelms gebruik. Hierdie aktiwiteite is die oorsaak van baie misdaad in ons dorp,” het Gert gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other