Dief teiken plaaslike kinderhuis

Die foto van die verdagte op kring-TV-beeldmateriaal.

Geslotekring-TV-beeldmateriaal toon ‘n onbekende man waar hy twee keer by ‘n bekende kinderhuis steel.

Die hoof uitvoerende beampte van The Bethany House Trust is baie ongelukkig nadat ‘n onbekende man van hulle buiteligte gesteel het. Dit is glo die tweede voorval binne ‘n kort tydjie.

Lees ook: Nog ‘n gemaskerde verdagte sak toe

Gert Jonker het aan die News vertel dat die ligte ekovriendelik is en deel was van ‘n groen projek. Hy het ook vertel dat die ligte nog splinternuut is en dat die tehuis bykans R1 500 skade per gesteelde lig ly.

“Dit is vir my skokkend dat iemand by ‘n kinderhuis steel,” het Gert gesê.

Hy het ook vertel dat die dief beslis weet dat hy ‘n kinderhuis besteel het, omdat die ligte by die tehuis se naambord is. Die kinders in die tehuis voel egter nou onveilig.

Lees ook: Motordief se gesig op kamera vasgevang

Gert het die verdagte se voorkoms beskryf, asook die klere wat hy tydens die laaste voorval aangehad het.

Die man is lank en skraal met ‘n donker baard. Hy het tydens die voorval ‘n ligte T-hemp, ‘n kortbroek en swart tekkies aangehad. Hy het ook ‘n pet opgehad.

Die tehuis vra dat enigiemand wat die man kan uitken of meer inligting oor die diefstal kan verskaf, vir Gert by 082 900 7832 skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top