Klubhuis vernoem na top hoof van top skool

Dit was vir Dok JAC Fourie 'n groot verrassing dat die klubhuis na hom vernoem is.

Dit was ‘n groot verrassing vir die hoof van Hoërskool Noordheuwel toe daar besluit is om ‘n klubhuis na hom te vernoem.

Die skool het op Vrydag, 24 Maart die Dr Jac Fourie Klubhuis geopen. Dit was ‘n mylpaalgebeurtenis by die skool en sal altyd onthou word.

Dr Fourie, of Dok soos hy bekend staan, is die afgelope 23 jaar aan die stuur van die top skool.

Lees ook: Nories se mooistes gekroon

Hy is altyd te sien by sport-, kultuur-, akademiese asook sosiale geleenthede waar hy die leerders ondersteun. Hy is daarvoor bekend dat hy die leerders aanmoedig om hul beste in alles wat hulle aanpak te lewer en is ook vir seker ‘n mentor vir die personeel.

Jan Balt, ondervoorsitter van die skool se beheerliggaam saam met Dr Jac Fourie, skoolhoof en Dawie Kriel, adjunkhoof van sport.

Die ouers en personeel is baie dankbaar vir al die insette wat hy oor die jare gelewer het en die voorbeeld wat hy stel.

Die beheerliggaam, personeel en leerders is baie trots op hierdie nuwe klubhuis en glo dat dit ‘n plek sal wees waar daar nog baie goeie stories en herinneringe gedeel sal word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other