‘n Kleurvolle toekoms vir Norienes

Tenica Ast, Tenieke Jacobs en Beulah Groenewald het baie pret gehad met die kleurvolle dans.

‘n Mens kon nie die haasbekkies wat van oor tot oor geglimlag het by Norniesnes Kleuterskool miskyk nie.

Janco Lubbe het homself gate uit geniet.

Die kleuterskool het op Vrydag, 24 Maart die opening van hulle nuwe Graad R-sentrum behoorlik gevier. Die leerders en hulle ouers is heerlik bederf met lekkernye wat volop beskikbaar was en gekleurde verf. Ronald McDonald het die kleuters vermaak.

Die skool se leuse is ‘Kom belê in ‘n kleurvolle toekoms vir u kind’, wat perfek gepas het by die bederfdag. Die kleingoed het ook groot pret gehad met ‘n kleurvolle dans.

Regard Basson en Janco Lubbe het aan die News vertel dat hulle soos ‘n rëenboog gevoel het.

“Ons is almal baie opgewonde oor die dag,” het onderwyser Claudette Spies gesê.

Die onderwysers glo dat elke leerder ‘n blink en kleurvolle toekoms het en daarom is die kleurvolle karnaval gehou.

Die hoof van Laerskool Krugersdorp-Noord, Charles Miller, was baie trots op die uitbreidings by die skool. Die kleuterskool kan nou met trots in die behoeftes van babas tot Graad R-leerders voorsien.

Die leerders het van oor tot oor geglimlag en het groot pret gehad.

“Ons het passievolle en gekwalifiseerde personeel wat ons kleingoed op ‘n pragtige terrein help om hul volle potensiaal te ontwikkel,” het kleuterskoolhoof, Estie Ellis gesê.

Die skool, sy personeel en sy leerders het groot drome en glo dat hulle met harde werk en passie sukses sal behaal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other