Plaaslike kunstenaar skenk pragstukke vir liefdadigheid

Armand du Plessis saam met kunstenaar Oliver Spedding.

‘n Kunstenaar van formaat het van sy kosbaarste besittings geskenk om ander te help.

Armand du Plessis, wat die Meneer Suid-Afrika 2015/ 2016 was, is betrokke by verskeie liefdadigheidsprojekte. Die plaaslike kunstenaar Oliver Spedding het hom onlangs gekontak en aan hom vertel dat hy geïnspireer is deur sy projekte en veral sy betrokkenheid by kinders.

“Oliver het gesê dat hy graag ses kunswerke vir my wil skenk wat opgeveil kan word om geld in te samel vir ‘n organisasie wat ek voel dit die meeste nodig het,” het Armand gesê.

Die News was verstom om die kunswerke te sien. Die portrette het soos iets uit ‘n boek gelyk. Oliver het vertel dat sy ma ‘n kunstenaar was en dat hy sy talent by haar geërf het.

Oliver Spedding en voormalige Mnr Suid-Afrika, Armand du Plessis. Oliver het dié gesig eerste gedoen en voel dat dit die mooiste van almal is.

Oliver het ook gesê dat hy binnekort na ‘n kleiner plek toe verhuis en dat hy nie sy pragstukke kan saamneem nie.

“Ek het ‘n week aan elke portret spandeer. Al die gesigte is dié van kinders van iemand wat ek vyf jaar gelede geken het,” het Oliver gesê.

Volgens Oliver het hy eers die gesigte geteken en dit toe ge-airbrush. Hy het ook vertel dat hy drie kleure gemeng het vir die kunswerke.

“Dit is vir my wonderlik om te sien dat daar mense is wat ook ‘n verskil wil maak en wat my help om dit moontlik te maak,” het Armand gesê.

Armand het besluit om die kunswerke apart op te veil en dan die geld te skenk aan ‘n organisasie in Krugersdorp. Persone wat graag die pragstukke wil koop en ‘n aanbod daarop wil maak, kan vir Armand kontak by armand607@hotmail.com of www.armanddp.co.za of Twitter: @ArmandDuPMrSA.

Armand het gevra dat organisasies wat hulp nodig het, met hom in verbinding sal tree. Hy vra ook dat lede van die publiek die name van organisasies wat hulp nodig het, vir hom sal stuur.

Die News sal lesers op hoogte hou van verwikkelinge in hierdie verband.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other