Motoriste gewaarsku teen die nuwe tendens

Die skade wat die baksteen aan Steven se splinternuwe motor veroorsaak het.

Twee dae nadat Steven Jansen van Vuuren ‘n splinternuwe motor gekry het, het hy deel geword van die misdaadstatistiek van Krugersdorp.

Steven en sy verloofde het op 11 Maart van Randfontein af met die R28 langs Krugersdorp toe gery. Om en by 9.45nm het ‘n onbekende man uit die bos in die noodbaan ingespring en hul motor met ‘n baksteen gegooi. Steven het onmiddellik uitgeswaai, maar die baksteen het hulle nietemin getref.

“Ons het albei baie groot geskrik, maar ek het nie gestop nie en net aanhou ry,” het Steven gesê.

Die pad was baie stil en daar was geen ooggetuie van die insident om hul kant van die storie te staaf nie. Steven het aan die News vertel dat hy vermoed dat die persoon die baksteen deur die ruit wou gooi en hulle dalk wou beroof.

“Die baksteen het gelukkig nie deur die ruit gegaan nie, anders sou dit my verloofde beseer het,” het Steven gesê.

Die saak is by die polisie aangemeld en hy het ‘n saaknommer ontvang. Steven is egter baie ontsteld dat hy sy nuwe motor slegs twee dae het en reeds om en by R6 000 se skade daaraan het.

Polisiewoordvoerder, Tshepiso Mashale, het aan die News bevestig dat die saak wel aangemeld is, maar dat die polisie nie van ander, soortgelyke gevalle bewus is nie. Mashale raai motoriste aan om sulke gevalle by die Krugersdorp Polisie by 011 951 1151 aan te meld.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other