Met fyn voetwerk hou koalisie Mogale se ligte aan

Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid.

Die koalisieregering in Mogale City het onlangs tydens ‘n marathon-raadsvergadering gesorg dat inwoners se ligte bly brand ondanks die feit dat die vorige regering vir hulle uitstaande skuld van R420 miljoen nagelaat het.

Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid, het vertel dat dit fyn voetwerk gekos het om Eskom tevrede te stel.

Mogale City het kontantvloeiprobleme en daarmee saam skuld ons Eskom R162m. Die stadsraad moes noodgedwonge ‘n afbetalingsooreenkoms met Eskom aangaan waarin onderneem is om aan die einde van volgende week R17m as ‘n gedeelte van die skuld te betaal,” het Steenkamp gesê.

“Die Stad het ongelukkig nie soveel geld in sy koffers nie en die stadsraad moes Donderdag toestemming gee om ‘n oortrokke fasiliteit te gebruik om die geld te verhaal. Dit is so dat die koalisieregering elke keer die wind van voor kry wanneer hulle voorstelle na die tafel bring. Onderwerpe word vir ure lank gedebatteer en die ANC Speaker doen alles in sy vermoë om stemming te vermy.”

Die raad het Donderdag, 9 Maart, 12 uur lank gesit.

“Die huidige stadsraad het baie swak besluite geërf wat tot groot skuld gelei het. Die koalisieregering werk onverpoosd voort om Mogale City weer in ‘n spog stad met goeie infrastruktuur en ‘n toeriste-aantreklikheid te verander. Ons gaan nie toelaat dat foute uit die verlede ons stuit nie,” het Steenkamp gesê.

Lees verder:

Chaos before Mogale City revolution

Ongelukke gebeur nie net, dit word veroorsaak

VF Plus verwelkom raadslid uit DA-geledere

And the new Mayor of Mogale City is …

Auditor General applauds Mogale City

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top