update


[KYK] Goeie gene of nie, op 103 is Tannie Saartjie steeds ‘n voorbeeld!

Marina Callaghan, Sarie Steyn en Karlien van Jaarsveld.

Alhoewel Tannie Saartjie nie altyd alles mooi kan hoor nie, is haar verstand glashelder.

Sarie Steyn, ‘n inwoner van die Luipaardsvlei Tehuis, het onlangs haar 103e verjaarsdag gevier. Die tehuis en 160 mede-inwoners het die groot mylpaal met ‘n spoggerige samekoms saam met haar gevier. West Rand Golden Clouds was so gaaf om ‘n prag verjaarsdagkoek vir Tannie Saartjie te skenk.

Die hoogtepunt van die dag was toe ‘n bekende gesig in die vermaaklikheidsbedryf spesiaal vir Tannie Saartjie, soos die tehuismense haar ken, gaan sing het.

Karlien van Jaarsveld het die dag ekstra spesiaal vir haar gemaak deur haar persoonlik te kom gelukwens.

Karlien van Jaarsveld het spesiaal vir Sarie Steyn kom sing op haar verjaarsdag.

Tannie Saartjie was destyds een van die eerste inwoners van die tehuis wat in 1977 geopen is. Sy spog met drie kinders, vyf kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Haar dogter, Marinda Callaghan het aan die News vertel dat haar ma nog baie gesond is, maar dat sy baie sukkel met haar gehoor. Sy het ook vertel dat haar ma graag ‘n grappie vertel en dat haar humorsin een van haar beste eienskappe is. Sy glo vas dat haar hoë ouderdom aan goeie gene te danke is.

Die tehuisbestuurder, Grietha Botes het tydens die geleentheid gelag en vertel dat Tannie Saartjie altyd gespot het dat brandewyn en sigarette die goue reël vir haar goeie gesondheid is.

Diegene wat die dag saam met haar gevier het, het aan die News vertel dat Tannie Saartjie ‘n inspirasie vir hulle is en dat hulle ook graag so oud wil word.

Tannie Sarie Steyn se verstand is op 103 steeds helder.

“Ek wil op daardie ouderdom nog lekker op die verhoog kan dans,” het Drinie Wanenburg gesê.

Alhoewel Tannie Saartjie se idenititeitsboekie haar geboortedatum as 11 Maart 1915 aandui, staan daar in haar ma se Bybel dat sy op 12 Maart 1914 gebore is. Sy glo dat haar ma se datum korrek is.

Die News wens vir Tannie Saartjie geluk met dié besonderse mylpaal.

Lees meer oor Tannie Saartjie:

Brandewyn en tabak vir ‘n lang lewe, spot 100-jarige

Talent ken geen ouderdom nie

[VIDEO] Moontlik die dorp se oudste word 102

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top