Gholf is in hulle bloed

Darin gaan binnekort aan die Sunshine Tour deelneem.

Twee broers – albei passievol oor gholf.

Darin, 21, en Ruan de Smidt, 27, albei inwoners van Krugersdorp, leef elke dag hulle passie uit op die gholfbaan. Hulle beoefen reeds van kleins af dié sport, omdat hulle pa net so passievol daaroor is.

Vir hulle is gholf tweede natuur. Hulle neem graag aan soveel moontlike toernooie deel om hulself vir die groot toernooie voor te berei.

Darin gaan eersdaags as amateur aan die Sunshine Tour deelneem. Ruan neem reeds aan die Sunshine Tour deel en beoog om aan die einde van die jaar sy Europese Toer-kaart te kry.

Ruan in aksie op die gholfbaan.

Verlede jaar was ‘n hoogtepunt vir albei. Ruan het die Sun Boardwalk Challenge en die Sun City Challenge gewen, en Darin het die Natal Ope vir Amateurs gewen. Hy speel tans in die Joburg Opetoernooi en sal in die komende week aan die Tshwane Ope deelneem, wat albei op die Europese Toer-lys is.

Hulle het wel nie baie vrye tyd nie omdat hulle elke dag oefen, maar geniet dit om tyd saam met hul vriende en familie te spandeer.

Hulle albei droom groot en sal graag eendag oorsee wil gaan speel. Hulle glo daaraan om altyd hul beste te gee en om hul naam hoog te hou.

Hulle moedig mekaar aan met die woorde, “Maak naam”.

Darin en Ruan glo dat hulle eendag hul drome sal bewaarheid. Met gereelde oefening, deursettings- en uithouvermoë glo hulle dat enige iets moontlik is.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top