Die Randse Simfonie-orkes kom weer

Die Randse Simfonie-orkes is binnekort weer in Krugersdorp te sien.

Die Randse Simfonie-orkes (RSO) kom weer dorp toe. Hulle tree op 25 Maart in die Eeufeessaal om 7.30nm op.

Na ‘n hoogs gewaardeerde optrede verlede jaar in die Suiderlig Ouditorium, is die orkes onder groot toejuiging versoek om weer in die dorp op te tree.

Die RSO is gesetel in Randburg waar hulle weekliks oefen. Die orkes bestaan uit vrywilligers vanoor die hele Rand en selfs so ver as Hartbeespoortdam. Die dirigent is Karel Henn, ‘n internasionaal erkende tjellis.

Die program sal bestaan uit die Luisa Miller Sinfonia van Verdi, Die Klavierkonsert nr 2 van Rachmaninoff, en die Simfonie nr 101 (die Klok Simfonie) van Haydn.

Belinda de Villiers, wat in al die groot musieksentrums van die land opgetree het, sal as pianist optree. Sy was hoof van musiek van die Sans Souci Civil High School, Pinelands High School, en direkteur van musiek en drama by die St David’s Marist in Inanda in Sandton. Sy is tans verbonde aan die Kingsmead College in Rosebank.

Kaartjies (R100 vir volwassenes en R50 vir laerskoolkinders) is beskikbaar by Annelie by 083 679 2162 (Suiderlig Kerkkantoor) en Kobus by 082 544 2879.

Daar is ook kaartjies aanlyn beskikbaar by www.quicket.co.za/events/25408-rand-symphony-orchestra/.

Lees verder:

Simfonie-orkes kom dorp toe

Die Penkoppe wen ‘n Ghoema

Lekker man, lekker – derde CD vir Penkoppe

Kitaarkêrels vereer hul grootste aanhanger

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top