Op en af vir toergeld

Kylie Burger, Chrystal Bothma en Elsubi Pretorius geniet pizza na hul harde werk.

Die eerstenetbalspan van Laerskool Krugersdorp-Noord het weereens bewys dat hulle bereid is om hard te werk.

Die span het geld vir hul netbaltoernooi, wat tussen 17 en 19 Februarie by ATKV Buffelspoort plaasvind, ingesamel toe hulle vir byna vier uur lank by Missouri Spur in Key West Winkelsentrum op Dinsdag, 7 Februarie as kelners gewerk het.

Laerskool Krugersdorp-Noord se eerstenetbalspan en B-netbalspan het by Missouri Spur in Key West as kelners gewerk om geld vir hulle toernooi en netbalrompies in te samel.

Laerskool Krugersdorp-Noord se eerstenetbalspan en B-netbalspan het by Missouri Spur in Key West as kelners gewerk om geld vir hulle toernooi en netbalrompies in te samel.

Noordskool se tweedenetbalspan het ook die aand klante bedien om seker te maak almal in die span het genoeg geld om hul nuwe netbalrompies te kan koop.

Die netbalspelers het op en af in die Spur se gange gedraf om seker te maak die klante se bestellings is so vinnig moontlik gereed.

Miané le Roux, een van die spelers, het gesê sy verkies dit om vir die geld te werk in plaas daarvan om by verkeersligte te gaan blikskud. “Hier verdien ons self die geld, en ons leer hier en daar ook ‘n nuwe vaardigheid aan,” het Miané gesê.

Dané Steyn, wat ook deel is van die span, het bygevoeg dat sy boonop die geleentheid gekry het om lekker saam met ‘n regte kelner te werk en die gevoel te kry hoe dit is om ‘n kelner te wees.

Mine Meyer, 'n netbalspeler, dra 'n verversing na 'n tafel toe.

Mine Meyer, ‘n netbalspeler, dra ‘n verversing na ‘n tafel toe.

“My kelner was baie snaaks, maar hy is blitsvinnig en sodra ek omkyk is hy alreeds by ‘n ander tafel,” het Dané gesê.

Die spelers het nie heeltemal alleen die tafels bedien nie, maar elkeen het soos skaduwees agter die kelners geloop en by hulle geleer.

“Dit was vir ons so lekker om die kelners so te sien. Hulle behandel jou soos ‘n grootmens en jy leer baie,” het Miané gesê.

Dit was nie net ‘n lekker spanbougeleentheid vir die spelers nie, maar ook ‘n aand waarin hul ouers ‘n bietjie van hul voltydse mamma- en papparolle kon wegbreek.

“My ma kon by die huis bly en het vir een aand nie nodig gehad om my te baby sit nie,” het Jane Niemand, ‘n ander speler gesê.

Die kelners en netbalspelers het die klante van Missouri Spur fluks bedien. In die foto is Sharizma Liebenberg, Dube Raphael, Mkhululi Nkomom, Miané le Roux en Desiree Swart.

Die kelners en netbalspelers het die klante van Missouri Spur fluks bedien. In die foto is Sharizma Liebenberg, Dube Raphael, Mkhululi Nkomom, Miané le Roux en Desiree Swart.

Die groep spelers se spangees was amper tasbaar aangesien hulle elke nou en dan mekaar speels met die skinkborde geslaan het en mekaar ‘n high-5 gegee het.

Die spelers kon na hul lang skof komplimentêre pizza en koeldrank geniet. Meeste van die meisies het saamgestem dat kelner speel nie vir sissies is nie aangesien hulle voete en bene seer was na die lang skof.

Lees verder:

Noordskool se netbalsterre skitter

Vyf van Noordskool op pad kampioenskappe toe

Atletiekseisoen hardloop vol stoom

Graad 1: want hulle is eerste beste

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other