Hou bene hou, dis atletiekseisoen

Die o.12-seun het sy hart uitgehardloop in die 80m-wedloop.

Die son was bloedig warm maar die atlete was goed opgewarm en gereed vir kompetisie toe Laerskool Muldersdrif onlangs sy huissport gehou het. Die dag was vol pret en van die atlete het bo verwagting uitgeblink.

Celine van den Berg het alles in die wedloop ingesit en was tevrede met 'n derde plek.

Celine van den Berg het alles in die wedloop ingesit en was tevrede met ‘n derde plek.

Die News was daar om die spesiale oomblikke vas te vang.

“Ek het my maat aangemoedig om aan die hekkiesitem deel te neem en toe wen hy,” het Chris van der Merwe vertel.

Die leerders was baie opgewonde om hulle talente uit te leef, veral omdat hul ouers hulle kom aanmoedig en ondersteun het.

Die o.12-seuns wat aan die diskus deelgeneem het, was baie in hulle noppies met hulle prestasie. Joshua Blom het met die gouemedalje weggestap, Gabriël van Niekerk met silwer en Chris van der Merwe het brons verwerf. Joshua het aan die News vertel dat hy dié jaar glad nie aan atletiek wou deelneem nie, maar het op die laaste nippertjie besluit dat hy bloot vir die lekkerte tog sal deelneem. Hy het bo al die ander leerlinge uitgeblink en met die gouemedalje weggestap.

Ellenique Grubb, Wilma Nap en Beate Lindes het die 800 meter met alles in hulle aangepak.

Ellenique Grubb, Wilma Nap en Beate Lindes het die 800 meter met alles in hulle aangepak.

Die o.13-dogters wat aan die 800m-wedloop deelgeneem het, was daarna doodmoeg, maar het trots gevoel dat hulle die afstand kon voltooi. Beate Lindes was meer as tevrede met haar derde plek, Wilma Nap het met ‘n tweede plek weggestap en Ellenique Grubb was baie trots om die gouemedalje te kon verower.

Die o.10-seuns het goed gestrek voor die verspring begin het. Marko Barnard het die gouemedalje met ‘n afstand van 3,56 meter gewen.

Marko Barnard met sy wensprong van 3,56 meter.

Marko Barnard met sy wensprong van 3,56 meter.

Die afrigters en die onderwysers het gesê dat die dag ‘n groot sukses was en dat die leerders hulle verwagtinge oortref het. Die groot aantal leerders wat deelgeneem het en die groot aantal rekords wat dié dag geslaan is, was vir hulle ‘n riem onder die hart.

Lees meer hier

Kenmare-atlete vir Gauteng-span gekies

Monnas atlete blink uit tydens SA-Junior Kampioenskappe

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top