‘n Titel soos min

Deon onlangs by die Spur-skolebergfietsliga waar hy die ryers laat wegspring het. Foto: Bikehub.

Krugersdorp spog met sy eie internasionale Bergfiets Kommissaris.

Deon Steyn se titel is nie iets wat jy elke dag hoor nie. Hy is een van sewe persone uit Afrika wat dié skaars titel dra en wat die werk suksesvol kan uitvoer.

Hy is reeds 40 jaar lank ‘n inwoner van Krugersdorp en is betrokke by verskeie organisasies. Hy is boonop die president van skolefietsry.

Hy voel dat fietsry as ‘n leefstyl beskou word en nie as ‘n sport nie. Bergfietsryers kyk op ‘n ander manier na die natuurskoon.

Deon Steyn dra met trots die internasionale Bergfiets Kommissaris-titel, waarmee slegs sewe ander persone in Afrika kan spog. Hy is ook president van skolefietsry.

Deon Steyn dra met trots die internasionale Bergfiets Kommissaris-titel, waarmee slegs sewe ander persone in Afrika kan spog. Hy is ook president van skolefietsry.

Om fiets te begin ry is baie maklik, het hy gesê. Dit begin deur by ‘n klub aan te sluit en dan om mense in die industrie te leer ken.

“As jy balans het, kan jy fietsry,” het Deon vertel.

Deon is tans besig met die skolefietsryspan en wil elke leerling uitdaag om deel te neem. Hy meen dat fietse ‘n belangrike vervoermiddel is en dat dit goed is vir jou gesondheid. Skolefietsry het geen beperking nie en elke leerder kan daarby betrokke raak.

Om opgelei te word vir die titel Bergfiets Kommissaris is nie speletjies nie. Dit verg vyf jaar se studies, opleiding en ondervinding. Deon verrig van die belangrikste take by ‘n wedren. Hy maak onder andere seker dat die baan korrek is en teken uitslae af. Hy droom daaroor om eendag by die Olimpiese Spele te gaan werk en glo dat mens elke dag net moet lewe.

Die volgende wedren waarby hy betrokke sal wees, is die jaarlikse Cape Epic wat in die Wes-Kaap gehou word.

Deon nooi elke inwoner van Krugersdorp uit om elke Woensdagaand te kom deel wees van hul span by HTS Nic Diederichs. Hulle ry fiets vanaf 6nm.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein HeraldRoodepoort RecordGet It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other