Krugersdorp kweek kampioenatlete

Morne Brandon, Kayle Blignaut, Eben Vermaas (woordvoerder van Monnas) en Naas Marais het Suid-Afrika by die Regional 5-atletiekspele in Angola verteenwoordig. Foto: Verskaf

Terwyl die res van die land hul Desember-vakansie by die see geniet het, het drie jong Krugersdorpers die stad se naam by die Regional 5-atletiekspele in Angola hoog gehou.

Die drie atlete, Liza Kellerman, 17, Kyle Blignaut, 17, en Morne Brandon is verlede jaar tot die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekspan verkies en was opgewonde om vir die eerste keer hul land in ‘n internasionale kompetisie te verteenwoordig.

Liza Kellerman het die Suid-Afrikaanse vlag as mantel gedra nadat sy derde in die 800m gekom het.  Foto: verskaf

Liza Kellerman het die Suid-Afrikaanse vlag as mantel gedra nadat sy derde in die 800m gekom het.
Foto: verskaf

Liza het ‘n bronsmedalje in die 800m gekry.

“Die kompetisie was straf, maar op die ou end het ek baie goed gedoen.” Sy was ook lid van ‘n 4x400m-aflosspan wat eerste in hul kategorie geëindig.

Morne en Kyle val eintlik in die o.17-ouderdomskategorie, maar hulle het albei hul man tussen die hardebaarde gestaan toe hulle teen o.19-atlete in die diskus en gewigstoot deelgeneem het. Kyle was eerste in sy kategorie met gewigstoot en het ‘n ongelooflike 18,93m gegooi. Morné was tweede in sy gewigstootkategorie.

Al drie atlete is leerlinge by Hoërskool Monument en die skool spog graag met hulle.

Morne Brandon, Kayle Blignaut en Naas Marais staan op die podium na hulle puik vertoning in gewigstoot by die Regional 5-atletiekspele.  Foto: Verskaf

Morne Brandon, Kayle Blignaut en Naas Marais staan op die podium na hulle puik vertoning in gewigstoot by die Regional 5-atletiekspele.
Foto: Verskaf

“Ons is trots om die atlete Monumentare te noem en glo dat geleenthede soos hierdie kompetisie hulle in die toekoms gaan help,” het Eben Vermaas, woordvoerder van Monnas gesê.

Suid-Afrika was een van 10 lande wat aan hierdie spele deelgeneem het. Die SA-span het altesaam 37 medaljes huis toe gebring.

Buiten die besondere prestasies, het die groep atlete ook die eerste keer midde-Afrika se mense en kultuur ervaar.

Maar al drie atlete het saamgestem dat dit vinnig in ‘n kultuurskok verander het. “Ons het snaakse kos gekry,” het Liza gesê. “Ons het een aand viskoppe vir aandete gekry. Dit was heeltemal ongewoon vir ons wat gewoond is aan wegneemetes.”

Kyle was ook die spankaptein en volgens hom was die atlete die eerste paar dae negatief. “Ons moes ‘n plan maak aangesien ons nie van die kos gehou het nie,” het Kyle gesê. “Toe soek ons ‘n paar restaurante en kort voor lank was almal ‘n bietjie meer positief.”

Liza Kellerman, het tydens die Regional 5 atletiekspele in Angola besonders persteer en so ook haar skool, Hoërskool Monument se naam hoog gehou.

Liza Kellerman, het tydens die Regional 5 atletiekspele in Angola besonders persteer en so ook haar skool, Hoërskool Monument se naam hoog gehou.

Die land se politieke onrus en sekuriteit was ook ‘n groot skok vir die atlete. “Die ervaring was baie uitdagend omdat die polisie ons na die atletiekvelde moes begelei.”

Die hoë temperatuur en humiditeit het ook die atlete se vermoëns ‘n bietjie onderdruk. “Dit was vrek warm,” het Morné gesê. “Maar gelukkig het die kamers lugversorging gehad,” het Liza gesê.

Al was die toer nie heeltemal wat enige van die atlete verwag het nie, het hulle tog gesê dit was ‘n opvoedkundige uitstappie waarby hul atletiekloopbaan en kultuurkennis sal baat.

“Elke keer as ek gewigstoot doen, voel dit asof ek verder kan gaan – verder in die sport en verder in my loopbaan,” het Morné gesê.

Lees ook

Diskus- en gewigstootakedemie presteer

Haar tekkies en die teer is waarvoor sy leef

  AUTHOR
Bianca Pindral
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top