Proties se Graad 1’tjies se saadjies geplant

Charmoné van den Berg, Juffrou Martie du Toit en Duanné Janse van Rensburg sien baie uit na die nuwe skooljaar.

Met hul haasbekkies het 96 Graad 1-paddabeen leerders by Laerskool Protearif se skoolhek ingestap.

Die kleintjies kon nie meer hul opgewondenheid beteuel nie want hulle kon nie meer wag om hul nuwe juffrou te ontmoet nie.

Hanré van der Merwe saam met sy nuwe maatjie Riku Blignaut.

Hanré van der Merwe saam met sy nuwe maatjie Riku Blignaut.

“My tas was al gisteraand vroeg gepak vir skool,” het Hanré van der Merwe vertel.

Geen trane sou die nuwe wedloop vir hulle kon bederf nie. Die leerders en hulle ouers is met die intrapslag in die skoolsaal deur die hoof verwelkom wat hulle op hul gemak gestel het.

“Ons wil net die beste vir ons kinders hê en bowenal wil ons net ons leerders gelukkig maak in hul Graad 1-jaar, ” het Departementshoof Martie du Toit gesê.

Die leerders het veral uitgesien om in Graad 1 te verf en huiswerk te kry. Van die leerders was reeds seker oor hul toekoms en het gesê dat hulle eendag juffrouens, polisiemanne, brandweermanne en boere wil word.

Die opgewonde Graad 0-klas saam met hul nuwe juffrou, Marelise Koekemoer.

Die opgewonde Graad 0-klas saam met hul nuwe juffrou, Marelise Koekemoer.

Die 60 Graad 0-leerders was ook baie opgewonde om vandag (10 Januarie) vir die eerste keer skool toe te gaan. Hulle het sommer dadelik kreatief geraak en was besig om ‘n spaarblikkie te versier.

“Party van die leerders was so opgewonde om vandag skool toe te kom dat hulle al van vroeg af in die kar gewag het om te ry,” het Graad 0-onderwyseres Marelise Koekemoer gesê.

Die onderwysers van Proties sien almal baie uit om vanjaar, soos elke jaar, ‘n verskil in elke leerder se lewe te maak.

Lees ook

Ebies se Graad 1’s reg vir skool

‘n Dag in ‘n Graad 1 se splinternuwe skoolskoene

 

  AUTHOR
Nadine Maré
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other