Ongelukke gebeur nie net, dit word veroorsaak

Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en Burgemeesterskomiteelid. Leêrfoto.

Met die naderende feesseisoen is dit belangrik vir motoriste om deurgaans versigtig en waaksaam te wees.

So sê Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en Burgemeesterskomiteelid.

“Tradisioneel styg ongeluksyfers gedurende die feesseisoen en daarom is owerhede bekommerd oor motoriste se ongehoorsaamheid teenoor padwette.

“Die Krugersdorpse-verkeersowerhede gaan nou ‘n kritieke tyd binne om wet en orde in die dorp te handhaaf en vra die samewerking van elke voertuigbestuurder. Wees asseblief bedagsaam en moenie padreëls verontagsaam nie,” het Steenkamp gemaan.

Hy het ‘n paar belangrike reëls uitgelig:

• Alvorens jy op reis gaan, maak seker jou voertuig is in ‘n goeie werkende toestand. Let veral op die toestand van die remme, stuurmeganisme, bande, ruitveërs en gereedskap.

• Maak seker jy is uitgerus. Moenie bestuur wanneer dit jou natuurlike slaaptyd is nie. Maak seker jy stop na elke 200km.

• Alle passasiers moet te alle tye hul veiligheidsgordels dra. Hou by die spoedbeperking.

• Moenie drink en bestuur nie.

• Moenie jou selfoon gebruik wanneer jy bestuur nie. Jou kans is vier keer groter om ‘n ongeluk te veroorsaak.

• Onthou: Veiligheid begin by jou.

Verkeersowerhede gaan nie enige wetteloosheid oorsien nie. “Moedig u vriende en familie aan om die padreëls te gehoorsaam,” het Steenkamp gevra.

Lees verder:

VF Plus verwelkom raadslid uit DA-geledere

Alle sterkte aan Tjaart Steenkamp

Sort out your traffic fines

Mogale Traffic cracks down on motorists

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top