Leerlinge kry meer dié winter

CVO Brandwag Laerskool-leerling, Andries Jacobs, saam met onderwyseresse Trudie King en Magda Lombard.

Op Donderdag (2 Junie) het 30 leerlinge van CVO Brandwag Skool met groot waardering ‘n wintergeskenkie van Mapogo a Mathamaga-sekuriteit ontvang.

Die skool, een van 48 van sy soort in die land, is ‘n ouergedrewe skool waar die ouers eienaarskap neem van hulle kinders se opvoeding.

“Die skool het vyf onderwysers wat na 30 laerskoolleerlinge omsien,” het Lina van Vuuren, die skoolhoof, aan die News vertel.

Die skoolkinders het die komberse met opgewondenheid ontvang.

Die skoolkinders het die komberse met opgewondenheid ontvang.

Dewald Naudé, areaverkoopsbestuurder van Mapogo a Mathamaga, het gesê hulle het die fondse geskenk vir die materiaal van die komberse wat deur vier vrywilligers gemaak is. Magda Lombard, een van die vrywilligers en ‘n onderwyseres aan die laerskool het gesê dit het byna ‘n uur geneem om een kombers te maak.

Lina het bygevoeg dat sy baie dankbaar is vir die sekuriteitsmaatskappy wat in die gemeenskap terugploeg.

Mapogo a Mathamaga-sekuriteit se verteenwoordigers by die skool se 30 leerlinge nadat hulle elkeen 'n kombers ontvang het.

Mapogo a Mathamaga-sekuriteit se verteenwoordigers by die skool se 30 leerlinge nadat hulle elkeen ‘n kombers ontvang het.

“Nou gaan die kinders dié winter warm bly onder die komberse en aan Mapogo dink,” het sy gesê.

CVO Brandwag is ‘n niewinsgewende maatskappy. Saam met 48 ander skole vorm hulle die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO). Alle fondse wat ingesamel word, word aan die opvoeding van die kinders bestee.

Lees ook:

• [VIDEO] Bejaarde betrap inbrekers by haar huis

• Brandwag Skool – die laerskool met ‘n verskil

• [FOTO’s] Gemeenskapsentrum vuurwarm vir winter

  AUTHOR
Chantelle Fourie
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other