update


Waterskade ontwrig families

Jeanette Williamson en haar gesin moes selfs die sitkamerbank se kussings weggooi na die waterskade. Hulle slaap nou op die grond.
Jeanette Williamson en haar gesin moes selfs die sitkamerbank se kussings weggooi na die waterskade. Hulle slaap nou op die grond.

Nog ‘n storm het Krugersdorp onlangs heel onverwags getref en die skade is skrikwekkend.

In Krugersdorp-Wes, waar inwoners meen die storm die meeste skade aangerig het, is huise en motors deels onder water gevind met meubels wat in die water dryf.

Die storm het op Vrydagmiddag, 5 Februarie, Krugersdorp oorval – byna ‘n maand nadat daar ‘n vernietigende haelstorm Key West inkopiesentrum se dak laat intuimel het.

“Wat gaan aan met die weer in Krugersdorp? Ek het nog nooit so ‘n storm gesien nie,” vertel Annemerie Greeff, ‘n Krugersdorp-Wes inwoner wie se huurhuis heeltemal oorspoel is.

“My meubels het in die water gedryf en die matte is nogsteeds nat,” sê sy.

Om na nog foto’s te kyk wat News lesers van die storm deurgestuur het, kliek hier.

Annemerie het nou, drie dae na die storm verby is, haar meubels op bakstene gesit sodat die matte kan droog word. Sy is ook al deur 23 bondels wasgoed en het “nog nie eers die gordyne begin was nie.”

Maar sy kan nog eis by haar versekering, vertel Annemerie. Haar mede-inwoners is wel nie so gelukkig nie.

Jeanette Williamson, haar man en twee jong seuns slaap nou op die vloer in hulle huis in Annemerie se agterplaas.

“Ons yskas, televisie en beddens het oorstroom,” vertel sy.

Toe die reën toeslaan, het dit kneë diepte tot in Jeanette se huis gestyg.

Annemerie sê die lewe is maar swaar en nie almal het versekering om hulle verliese te dek nie. Jeanette en haar man slaap nogsteeds op die grond terwyl hulle probeer ‘n plan maak om weer op die been te kom. Annemerie vra dat enigiemand wat kan help haar sal kontak op 079 193 7625 of enige hulp kan verleen by Stegmannstraat, 82.

Hennie Coetzee dui aan hoe hoog die water opgestoot het voordat die betonmuur ingegee het en die water deurgelaat het. Die gesin het nou tydelike pelisade teen die muur opgesit.

Hennie Coetzee dui aan hoe hoog die water opgestoot het voordat die betonmuur ingegee het en die water deurgelaat het. Die gesin het nou tydelike pelisade teen die muur opgesit.

‘n Blok huise of twee verder, het Hennie Coetzee en sy gesin nét so deurgeloop. Sy vrou en dogter vertel hoe die reën en hael by die motors ingeloop het en nou wag hulle om te hoor of die versekering liewer die kar gaan afskryf as herstel.

“Dit was vreeslik hartseer om soveel skade te kry,” vertel Hennie se vennoot Marie Mills. Sy sê hulle het net twee weke gelede in die huis ingetrek.

“Dit het so vinnig gebeur dat ons net moes spring om die water uit die huis uit te kry, maar niks het gehelp nie,” sê sy.

Hennie het gewys hoe die water twee betonbladdens afgebreek het soos dit daarteen gedruk het.

Krugersdorpers vermoed die skade kon vermy word as die stormdreinstelsels nie verstop of gebreek was nie.

Verwante artikels:

• More destruction after rainfall

• Town in pieces after hail destruction

• Key West still closed after destructive storm

  AUTHOR
Chantelle Fourie
Journalist

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top