update


‘Beskerm die hof ons kinders?’

Na die hoeveelste verskyning in die hof, is *Wilmien gedaan.

“Ek dink nie die landdros het vroue en kinders se beste belang op die hart nie,” vertel Wilmien tydens ‘n onderhoud by haar huis in Mindalore.

Wilmien het oor die laaste paar jaar keer op keer in die hof verskyn vir beskermingsbevelle en onderhoudskostes teen haar eksman.

Dit is die tweede vrou wat die News genader het na haar ervaring in die hof, wat sy as onregverdig beskou het.

Eerste artikel hier: Vrouemishandeling: was die hof regverdig?

“Die landdros het nie eens na al die dokumentasie gekyk nie. Hy het net gesê hy sien nie bewyse van wat die kinders benodig nie, al het ek dit in ‘n leêr uiteengesit. Die leêr het heeltyd voor hom gelê,” vertel sy.

Wilmien vertel dat selfs nadat sy uiteindelik ‘n beskermingsbevel in die hof gewen het teen haar eksman, het hy steeds na haar huis toe gekom.

Toe Wilmien hof toegaan om ‘n herafdruk van die bevel te kry, kon sy nie regkom nie.

“My leêr is blykbaar nou weg,” meen sy.

Christo Swart, hoof van die Regsfakulteit aan die Southern Business School, sê wel dat die hof oor die algemeen baie beskermend teenoor vroue en kinders se welstand staan.

* Wilmien, ‘n skuilnaam, was bereid om haar naam en identiteit bekend te maak, maar die News het besluit om haar identiteit ter wille van haar minderjarige kinders te beskerm.

Verwante artikels:

• Hof-versuiming kan sak nog meer ruk

• Video: Hof beslis: wit plakkers moet uit

• Mislukte poging tot moord: hof hoor details

  AUTHOR
Chantelle Fourie
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other