[KLANKGREEP] Dwelmhandelaars raak gewelddadig

Dwelmhandelaars het Kevin Coetzee met 'n televisieskerm gegooi nadat hy geweier het om dwelms te koop.

‘n Jongman van Burgershoop het op Vrydagaand, 30 April, na die plaaslike drankwinkel in die area geloop toe hy ‘n bekende dwelmhandelaar raak loop.

Kevin Coetzee het slegs ‘n bottel drank gekoop en toe weer terug huistoe gekeer toe die buitelander hom aanvat omdat hy nie dwelms wou koop nie.

“Ek soek nie jou dwelms nie, ek is lankal klaar daarmee,” het hy aan die dwelmhandelaar gesê en het toe terug huistoe gekeer.

Op aankoms by sy huis het hy gesien dat sowat 30 buitelanders hom agtervolg het en hy het vinnig na sy voorerf gevlug.

“Ek weet presies wie die dwelmhandelaar is en sal hom kan uitken.”

Sekondes voordat hy sy ma vinnig uit die pad uit gestamp het, tref ‘n televisieskerm hom in die gesig.

Die televisieskerm waarmee Kevin Coetzee gegooi is.

Die televisieskerm waarmee Kevin Coetzee gegooi is.

Lede van die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum, sowel as lede van die Krugersdorpse polisie het na die toneel gehaas maar die dwelmhandelaar en sy trawante het reeds gevlug.

In ‘n onderhoud met die News vertel Coetzee dat ‘n soortgelyke voorval ‘n ruk gelede met sy ouer broer gebeur het, toe dwelmhandelaars hom met ‘n baksteen gegooi het omdat hy nie dwelms wou koop nie.

Die dwelmhandelaars is glo na die voorval met die televisie weer vinnig terug op hulle poste waarvanaf hulle verder dwelms aan ander probeer verkoop het.

Luister die klankgreep waar Coetzee verduidelik hoekom hy nie ‘n saak teen die dwelmhandelaar kon oopmaak nie:

 

  AUTHOR
Marizka Coetzer
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top