Video: Hof beslis: wit plakkers moet uit

'n Emosionele Irene van Niekerk deel haar vrese oor die hervestiging. Van Niekerk en haar familie woon al vir meer as 'n dekade in Kroningspark.

“Ons moet maar die realiteit aanvaar dat dit tyd geword het vir ons om op te pak – groot hartseer heers tans hier.”

Só verduidelik Hugo van Niekerk, kampbestuurder van die Kroningspark wit plakkerskamp wat sowat 300 mense, insluitend 74 kinders en 24 bejaardes, huisves.

“Watter toekoms gaan ons mense hier hê? Ons gaan vrek van ellende!”Kroningspark-inwoner Maryna Lin

Hy het Maandag 4 Augustus die verrigtinge in die Suid-Gautengse Hooggeregshof bygewoon waar die regter beslis het dat al 122 huishoudings teen Versoeningsdag 16 Desember sak en pak die gronde moet verlaat.

“Dit is baie moeilik vir ons; ongelukkig kan ons dit nie meer teenstaan nie,” verduidelik hy.

Van Niekerk sê hy baklei sedert 2009 vir dié mense en voel teleurgesteld dat hy nie daarin kon slaag om die grond te behou nie wat Mogale City Plaaslike Munisipaliteit teen sowat R22 miljoen in ‘n droompark wil ontwikkel.

“Die owerhede stel ‘n groot stuk grond in Munsieville vir ons beskikbaar, maar ons wil nie daarheen gaan nie. Dit is ‘n rommelstortingsterrein en die munisipaliteit is in die proses om dit op te ruim.

“Gee eerder vir ons ‘n ander plek soos Donaldsondam in Randfontein waar daar nog bome en speelplek vir die kinders is.”

Sy vrou Irene sê selfs die oop stuk grond langs Hoërskool Bastion sal geskik wees.

'n Gees van mismoedigheid, vrees en hartseer hang oor die kamp en sy inwoners.

‘n Gees van mismoedigheid, vrees en hartseer hang oor die kamp en sy inwoners.

Verskeie inwoners het aan die news verduidelik dat Munsieville ver van geriewe soos hospitale en skole is.

Maryna Lin, 44, sê haar grootste bekommernis is die feit dat haar 15-jarige dogter Samantha heel moontlik van Munsieville af skool toe sal moet stap.

“Ander bekommernisse is dat daar nie fasiliteite soos water en toiletgeriewe is nie. Watter toekoms gaan ons mense hier hê? Ons gaan vrek van ellende!”

Sy en nog inwoners beklemtoon die feit dat hulle moontlik ook al hulle borge vir noodsaaklikhede soos kos en klere kwyt sal wees.

“Ek kry ‘n inkomste van sowat R300 ‘n maand; wat kan ‘n mens daarmee doen? Ek glo nie ons borge sal Munsieville toe wil gaan nie.”

Inwoners sê hulle vrees ook vir hulle lewens omdat hulle glo al voorheen deur inwoners van Munsieville gedreig is.

“Daar is vir ons gesê dat hulle ons vroue en kinders gaan rape,” skree een van die inwoners.

Adri Prinsloo, 54, bly al meer as ‘n jaar in die kamp en sê sy sal eerder honger as vuil gaan slaap.

Hanelie Gouws woon al 15 jaar in die kamp en is die oudste inwoner daar. Sy vrees vir haar lewe en sê dat die ander plakkers in Munsieville hulle nie gaan aanvaar nie.

Hanelie Gouws woon al 15 jaar in die kamp en is die oudste inwoner daar. Sy vrees vir haar lewe en sê dat die ander plakkers in Munsieville hulle nie gaan aanvaar nie.

“Armoede beteken nie dat ons nie trots is nie; daar is van ons wat steeds skoon wil wees.”

Vir haar is die bekommernis nog groter oor waar hulle die aand van hulle uitsetting sal moet slaap.

“Jy breek jou hele huis hier af om daar te gaan herbou.”

Talle inwoners het hulle stem dikgemaak dat hulle reeds nie finansies het om vervoerkoste te betaal nie.

“Dit is vir ons geriefliker om hier in Kroningspark te woon aangesien alles loopafstand van ons is. Daar sal ons vir taxis moet betaal om ons na en van werk te vervoer,” sê ‘n ontevrede inwoner.

Van Niekerk sê die munisipaliteit het onderneem om vir die inwoners sinkplate, spykers en ander gereedskap te gee om hulle te help met die herbou van hulle nuwe lewe in Munsieville.

In die onderste videogreep gee inwoners hulle mening oor die hervestiging:

https://www.youtube.com/watch?v=Wzj1CliwNvo&feature=youtu.be

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other