Lombard Bande vertroetel vierpotiges

Personeellede van Lombard Bande het die Krugersdorp Dierebeskermingsvereniging in Delporton besoek en lekkernye, komberse en leibande saamgeneem. Voor van links is Louise Erasmus, Stefanie le Roux en Janelle Redelinghuis. Agter is Tony Wake, Kowa Mans, André Mans, Zach Nanutskun (DBV), Celeste Watt, Petrus Maega (DBV) en Yolandi Heyns.

Die vierpotige vriende van die Krugersdorp Dierebeskermingsvereniging (DBV) se sterte het vrolik gewaai toe hulle onlangs bederf is.

‘n Personeellede van Lombard Bande het ‘n middag van hulle tyd afgestaan om dié honde met drukkies, stappies en lekkernye te bederf as deel van hulle 90 Dae van Omgee-projek.

Louisa Erasmus vertoetel hierdie hond wat te bly is om 'n bietjie in die warm son te kan lê.

Louisa Erasmus vertoetel hierdie hond wat te bly is om ‘n bietjie in die warm son te kan lê.

‘n Aantal leibande en sowat 100 komberse is aan die DBV geskenk om seker te maak dat hulle hierdie winter warm en snoesig in hulle hokke sal wees totdat iemand hulle aanneem en huis toe vat.

Om die hartseer, tog opgewonde, gesigte van die honde te sien was vir Celeste Watt ‘n emosionele oomblik, maar die honde waarmee sy in aanraking gekom het, het die trane gou met hondesoene afgelek.

Celeste Watt het emosioneel geraak om die talle hartseer gesiggies van die diere by die Krugersdorp Dierebeskermingsvereniging te sien, maar dié Jack Russel-kruising het die trane oor haar wange gou met hondesoene vervang.

Celeste Watt het emosioneel geraak om die talle hartseer gesiggies van die diere by die Krugersdorp Dierebeskermingsvereniging te sien, maar dié Jack Russel-kruising het die trane oor haar wange gou met hondesoene vervang.

Van die honde was heel gretig om uit hulle hokke te kom, terwyl ander ‘n bietjie meer senuagtig was en agter in hulle hokke gaan wegkruip het.

Met ‘n bietjie moeite en vriendelikheid om dié honde te oorreed dat hulle nie bang hoef te wees nie, was hulle nes die ander honde in die diereskut gewillig om vertroetel te word.

Vir meer inligting oor die diere en die aannemingsproses kan die DBV by 011 953 1135 gekontak word.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top