Deel en omgee is hul wenresep

Frik en Susan van der Merwe het onlangs hul 50ste huweliksherdenking gevier.

Frik en Susan van der Merwe se huwelik van 50 jaar is te danke aan die gesindheid wat hulle teenoor die Skepper handhaaf in hulle huwelik.

“As jy hom nie in jou huwelik ken nie, gaan jou huwelik ook nie suksesvol wees nie,” sê Frik toe die NUUS met hom gesels het oor sy onlangse 50ste huweliksherdenking.

Frik en Susan het hierdie mylpaal op 28 Desember verlede jaar saam met hulle kinders by die Grill Shop in Noordheuwel gevier.

Hulle het na twee jaar van uitgaan besluit om ewige trou aan mekaar te beloof en het in die NG Moedergemeente in Krugersdorp getrou terwyl 60 gaste toekyk.

Frik het as rekenmeester by die destydse Sandton Stadsraad gewerk terwyl Susan by die plaaslike Standard Bank gewerk het.

Die twee beskou hulself as huishoenders wat nog baie vir mekaar omgee.

“Dis soos die Engelse sê ‘sharing is caring’ en dis hoekom ons mekaar nog na al hierdie jare respekteer en liefhet.”

Die Van der Merwes het twee seuns en ook drie kleindogters.

Die NUUS wens die paartjie alles van die beste toe.

Frik en Susan op hul troudag in 1963. Hierdie foto het in Januarie 1964 in die West Rand Times verskyn.

Frik en Susan op hul troudag in 1963. Hierdie foto het in Januarie 1964 in die West Rand Times verskyn.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

roodepoortrecord_new2014_smallgetitrandfontein_2014_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top